Boland Atletiek. Hoër Landbouskool Boland het Dinsdag, 19 Oktober, aan die HMS-uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem teen Hoër Jongenskool Paarl, Paarl Gimbasium en Paul Roos Gimnasium.
Landbouskool Boland het uitstekende prestasies behaal!
O/14’s
Jayden Brits O.14 het ‘n eerste plek behaal in verspring (5.74m) asook 100m (14.36 sek).
Krause Ohlhoff behaal tweede plek in verspring (5.70m) en ‘n derde plek in die 300 m (38.50m).
Heinrich Bezuidenhout behaal tweede plek in gewigstoot (12.96m).
Jayden de Klerk is derde in gewigstoot met ‘n afstand van 12.73m.
Leighton Lombaard het ‘n eerste plek behaal in die 100m met ‘n tyd van 11.29 sek.
Arno Nel behaal ‘n vierde plek in die 100m met ‘n tyd van 11.6 sek.
O/15’s
By die O/15’s het Rennie Swarts eerste plekke in beide die 100m (11.1 sek) asook die 300m (37.05 sek) behaal.
O/17’s
By die O/17’s het Adriano Prag ‘n eerste plek behaal in die 100m met ‘n tyd van 10.9 sek.
Dewald de Villiers behaal derde plek in die 100m met ‘n tyd van 11.5 sek.
Nicus van Coller behaal eerste plek in die verspring met ‘n afstand van 6.38m
Corné Cronjé tweede in die verspring met ‘n afstand van 6.37m.
JC Nothnagel behaal tweede plek in die spiesgooi met ‘n afstand van 59.30m.
Boland Landbou is waarlik trots op hierdie atlete se toegewydheid en al die tyd en harde oefening wat hulle insit.
Welgedaan manne!
#bolanderatletiek #leerleeflei #hartenhand #bewaaronsbodem #broersviraltyd