Western Mounted Games. Die Nasionale byeenkoms het plaasgevind vanaf 3-6 Oktober 2021 oor vier dae. Dit is die (SAWMGA) se jaarlikse Nasionale byeenkoms wat gehou is in Parys by die Afridome. Twee leerders van Hoërskool Upington, Vrele du Toit en Kristi Willemse het aan die spele deelgeneem.
Hierdie spele is die aksie belaaide, spoed en presisiesport van die verskillende perde sportsoorte. Dit word vergelyk met motorveldwedrenne, met die verskil dat “jou voertuig” `n dier van 450 kilogram plus is.
Western Mounted Games is ook een van die min perde sportsoorte waar die ruiter se prestasie nie bepaal word deur die menslike faktor nie. Dit word bepaal deur die ruiter en perd kombinasie teenoor die tydlyn. Dit behels dat die ruiter en perd kombinasie verskillende hindernisse/items teen die vinnigste moontlike tyd moet voltooi. Hoe vinniger en met presisie die ruiter sy/haar items /hindernisse ry, hoe hoër vlak (Level) kompeteer hulle in. Vlak 0 is die laagste en vlak 4 die hoogste vlak waarteen gery word. Die ruiters wat nasionale kleure kry, word meestal ook gekies uit vlak 3 en 4.
Ongeveer 580 ruiters en perde uit die 9 provinsies het aan die 2021 Western Mounted Games nasionale byeenkoms deelgeneem. Twee ruiters uit Hoërskool Upington te wete Vrele du Toit en Kristi Willemse het as deel van die Noord-Kaap span deelgeneem. Vrele word vir die 2de maal gekies vir die SAEF (Nasionale) seuns onder 18 span en op vlak 3 die 2de plek nasionaal. Kristi behaal op vlak 4 die 3de plek vir SANESA meisies onder 18 en 7de plek nasionaal.
Baie geluk, Uppies is baie trots op julle.
Lees meer oor Hoërskool Upington: