)

Western Mounted Games – Uppies leerders presteer

Western Mounted Games. Die Nasionale byeenkoms het plaasgevind vanaf 3-6 Oktober 2021 oor vier dae. Dit is die (SAWMGA) se jaarlikse Nasionale byeenkoms wat gehou is in Parys by die Afridome. Twee leerders van Hoërskool Upington, Vrele du Toit en Kristi Willemse het aan die spele deelgeneem.

Hierdie spele is die aksie belaaide, spoed en presisiesport van die verskillende perde sportsoorte. Dit word vergelyk met motorveldwedrenne, met die verskil dat “jou voertuig” `n dier van 450 kilogram plus is.

Western Mounted Games is ook een van die min perde sportsoorte waar die ruiter se prestasie nie bepaal word deur die menslike faktor nie. Dit word bepaal deur die ruiter en perd kombinasie teenoor die tydlyn. Dit behels dat die ruiter en perd kombinasie verskillende hindernisse/items teen die vinnigste moontlike tyd moet voltooi. Hoe vinniger en met presisie die ruiter sy/haar items /hindernisse ry, hoe hoër vlak (Level) kompeteer hulle in. Vlak 0 is die laagste en vlak 4 die hoogste vlak waarteen gery word. Die ruiters wat nasionale kleure kry, word meestal ook gekies uit vlak 3 en 4.

Ongeveer 580 ruiters en perde uit die 9 provinsies het aan die 2021 Western Mounted Games nasionale byeenkoms deelgeneem. Twee ruiters uit Hoërskool Upington te wete Vrele du Toit en Kristi Willemse het as deel van die Noord-Kaap span deelgeneem. Vrele word vir die 2de maal gekies vir die SAEF (Nasionale) seuns onder 18 span en op vlak 3 die 2de plek nasionaal. Kristi behaal op vlak 4 die 3de plek vir SANESA meisies onder 18 en 7de plek nasionaal.

Kristi Willemse in aksie by die Western Mounted Games

Baie geluk, Uppies is baie trots op julle.

Lees meer oor Hoërskool Upington:

https://schoolsthatrock.co.za

http://www.uppies.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal