Boks. Taegan van Heerden (15) is ‘n leerder van Hoërskool Strand wat boks as sport geoefen. Teagan het op 4 Junie aan sy eerste swaargewig boksgeveg in die Strand deelgeneem.
Na weke van hierdie voorbereiding het Taegan sy opponent in die eerste rondte reeds platgeslaan. In die tweede ronde het sy opponent besluit om handdoek in te gooi en het Teagan as die wenner uit die stryd getree.
Aan die einde van die aand se gevegte is Taegan uit 20 boksers as die Bokser van die aand aangewys.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf