Boerdery. Die graad 12 landboutegnologie leerders van Hoërskool Bultfontein het ‘n verrykende besoek afgelê na mnr Fanus van Jaarsveld se boerdery.
Die leerders het die besoek baie leersaam gevind en het prakties ook gesien hoe besproeiingskedulering gedoen word. ‘n Besoek aan die pomphuis, besproeingslande, kanale en besproeingsdam was ook vir Hoërskool Bultfontein se landboutegnologie leerders van groot waarde.
Besproeiing is deel van die graad 12 landboutegnologie se kurrikulum en die leerders het die geleentheid aangegryp om prakties te sien hoe besproeiing vandag op plase gedoen word.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf