BNP Paribas Tennistoernooi vir Topskole. Die onder 16-tennisspan van Hoër Jongenskool Paarl, het Sondag 19 September deelgeneem aan die BNP Paribas Topskole-toernooi. Hierdie tennistoernooi het plaasgevind by die Strand-Tennisklub.
Hoër Jongenskool Paarl het soos volg gevaar tydens die toernooi. In die rondomtalie klop Hoër Jongenskool Paarl Hoërskool Hermanus 3 – 0, Hoërskool Outeniqua 3 – 0 en Curro Durbanville 3 – 0.
In die finaal verloor Hoër Jongenskool Paarl 1 – 2 teen Paul Roos Gimnasium.
BNP Paribas Tennistoernooi vir Topskole, asook hul vennootskap met RCS en Tennis South Africa ‘Rising Star Tennis’ se inisiatief het ten doel om kinders toegang tot tennis te bied. So wil hulle die jeug se deelname aan tennis in Suid-Afrika verhoog.
Die ATP-ster Kevin Anderson is die amptelike ambassadeur van hierdie inisiatief.
Dit is ‘n spantennisbyeenkoms en die spelers, asook die afrigter word op die baan toegelaat. ‘n Span bestaan uit vier spelers.
Slegs spelers van 16 jaar en jonger kom in aanmerking om vir die Sekondêre skole kompetisies te speel.
Foto verskaf
Lees meer oor Hoër Jongenskool Paarl