Erries “Poort”-bundel. Twee leerders van Hoërskool Ermelo, Zara Büchling en Isabelle Burgers, se skryfstukke is ingesluit in die “Poort”-bundel. Dit is ‘n publikasie van die Suid-Afrikaanse Akademie en Kuns.
Leerders kon inskryf vir ‘n kompetisie vir die geleentheid om hul werk te publiseer. Zara Büchling, graad 12-leerder in 2020, se opstel “Die dag toe ek gewaag het” en Isabelle Burgers, tans ‘n graad 10-leerder, se opstel “Dawid Hellebaard” is in die bundel vervat.
Baie geluk aan elkeen van die leerders wat op die verskeie platforms presteer het. Die Erries hou julle skryftalent met afwagting dop!
Baie dankie aan die Afrikaanse Departement van EHS wat ‘n passie het en liefde kweek vir die taal en vir die vak.
Lees meer oor EHS: