)

Bloemhof hokkiespeler se veggees – Hoër Meisieskool Bloemhof

Bloemhof hokkiespeler se veggees – Elré Oosthuizen, hokkiespeler van Hoër Meisieskool Bloemhof het bewys dat jy nie haar veggees kan breek nie. Self nie met ‘n gebreekte neus nie!

Met ’n skeenbesering, ’n gebreekte neus én steke in haar gesig het Elré Oosthuizen Saterdag iets buitengewoons reggekry. Sy het haar skool se o.18A-hokkiespan na hul heel eerste Super 12-eindstryd gelei, en boonop self ’n doel aangeteken.

Elré, is ’n graad 12-leerder en kaptein van Hoër Meisieskool Bloemhof se hokkiespan. Sy het tot einde 2023 Oranje Meisieskool in Bloemfontein verteenwoordig voordat haar gesin na Stellenbosch verhuis het. Sedertdien het sy haar plek in Bloemhof se sportspanne gevestig, en hoe!

Die week voor die eindstryd was alles behalwe maklik. Vrydag was sy op ’n drip in die hospitaal vir pynbehandeling vir ’n skeenbesering waarmee sy al weke sukkel. En toe, net ’n paar uur voor die eindstryd, tref ’n bal haar in die gesig tydens die halfeindstryd. Haar neus is gebreek. Steke moes kom. Die meeste sou opgegee het.

Maar nie Elré nie. Hierdie Bloemhof hokkiespeler se veggees is te groot.

Met gesigmasker op die veld

Met ’n spesiaal vervaardigde gesigmasker het sy Saterdagmiddag die veld betree, vasbeslote om haar span te inspireer. Paarl Gimnasium het wel die eindstryd met 4-1 gewen, maar Elré se doel en haar ongelooflike teenwoordigheid op die veld het die dag onvergeetlik gemaak.

“Ek het gesê ek gaan óf 100% gee óf glad nie,” het sy ná die wedstryd gesê. “My spanmaats het my gemotiveer om deur te druk, en ek het dit vir húlle gedoen.”

Met trane in haar oë het sy vertel hoe sy haar belofte aan die dokter nagekom het: “Ek het vir hom gesê, as hy my toelaat om te speel, sal ek ’n doel slaan. Toe gaan ek om daai doelboks te breek.”

Elré se storie is ’n herinnering dat ware kapteine nie net lei wanneer alles goed gaan nie, maar juis wanneer die pyn intens is, die druk hoog is, en die kans teen jou tel.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

hhttps://www.bloemhofschool.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal