Die Blitzbokke het op 30 Junie tot 2 Julie gebruik gemaak van Hoërskool Robertson se oefen-fasiliteite.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Rugby Sewes span (Blitzbokke) neem deel in die “World Rugby Sevens Series,” die “RugbyWorld Cup Sevens, die “Summer Olympic Games en die “Commonwealth Games.” Neil Powell, die Blitzbokke se hoof-afrigter, is ‘n voormalige Suid Afrikaanse rugby unie speler.
Die huidige span van die Blitzbokke is Sakoyisa Makata, Dylan Sage, Impi Visser, Zain Davids, Angelo Davids, JC Pretorius, Branco du Preez, Selvyn Davids, Justin Geduld, Kurt-Lee Arendse, Siviwe Soyizwapi (c), Stedman Gans, Ronald Brown, Chris Dry, Ruhan Nel, Muller du Plessis en Lubabalo Dobela.
Die Robbies ag hulself baie bevoorreg om hul fasiliteite tot die beskikking van die Blitzbokke te kon stel.
“Ons wens hulle ook alle sterkte toe vir die olimpiese spele”.
Foto’s verskaf