Biathle Triathle Laser Run. 🏆Kwagga-kampioene skitter op nasionale vlak.
Vier uitmuntende leerders van Hoërskool Outeniqua in George het tydens die vakansie aan drie nasionale kampioenskappe deelgeneem en hul staal gewys:
Biathle & Triathle SA Kampioenskappe – Nelspruit Laser Run SA Kampioenskappe – Bloemfontein
Prestasies van ons Kwagga-sterre:
🔹 Lila Koen (o.15). Kwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Biathle.
🔹 Mia Botha (Juniors). Wen 3 goue medaljes in Biathle, Triathle én Laser Run. Sy kwalifiseer vir Junior Protea-kleure in al drie dissiplines.
🔹 Marko Erasmus (Juniors). Wen 2 silwer medaljes Biathle – 5de plek (Junior Protea). Triathle – 2de plek (Junior Protea). Laser Run – 5de plek (SAMPA). Kwalifiseer vir Junior Protea-kleure in Biathle en Triathle.
🔹 Ruan Rossouw (Juniors) (Afwesig op die foto). 6de plek. Kwalifiseer vir Junior Protea-kleure
🌍 Hierdie talentvolle leerders sal Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe van 8–13 Desember in Mosselbaai, by Santos Strand. Tydens dié byeenkoms sal hulle amptelik hul Protea-kleure ontvang.
Hoërskool Outeniqua is ongelooflik trots op julle – ware ambassadeurs van Outeniqua én van Suid-Afrika!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










