Biathle. Drie leerders van Primêre Skool Jordania in Bethlehem, Janco Fourie, Dehan Cilliers en Helene Claasen, het aan die eerste Biathle in Bethlehem deelgeneem. Biathle bestaan uit die volgende dissiplines: hardloop ‘n bepaalde afstand, swem ‘n bepaalde afstand en hardloop weer ‘n bepaalde afstand. Alles gebeur direk na mekaar met geen rusperiodes tussenin nie.
Baie geluk aan hierdie drie atlete.