)

BHVS Matrieks 2022 – 100% Fiks vir die lewe, gereed vir toekoms

BHVS Matrieks 2022. Bethlehem Voortrekker Hoërskool is geleë in die hart van die Oos-Vrystaat en is toonaangewend op akademiese gebied.  Jaarliks word tientalle van hul matrieks toegelaat tot die beste tersiêre instansies in die land.  In die kernvakke: Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde, het die matrieks hul merk gemaak met goeie gemiddeldes en talle onderskeidings. In vakke soos Lewenswetenskappe, Besigheidstudies, Engels FAL, Lewensoriëntering  en Wiskundige Geletterdheid, het hul ook nie teruggestaan vir ander skole in die provinsie nie. Tien en meer onderskeidings is bahaal.  

By Bethlehem Voortrekker Hoërskool is Akademiese uitnemendheid die topprioriteit.  Maar die bemagtiging van  elke leerder, strek veel verder as die uitslag-advies.  Die skool strewe daarna om ons leerders  selfstandig en lewensfiks te maak. Verder word hulle voorberei vir die hoogs kompeterende wêreld buite die skoolgronde. Hulle help dus om hul volle potensiaal in ‘n gelukkige, lewenskragtige omgewing waar ‘n gesonde balans tussen akademie, sport , kultuur en sosiaal heers, te bereik.  Voortrekker leerders is dus nie net eksamengereed nie, maar juis toekomsgereed. 

Die hoogsbekwame personeel is die dryfkrag agter elke leerder om hier weg te stap met toerusting wat ewigheidswaarde het.  Non sibi sed Patriae:  Dis nie verniet ons leuse vir meer as 120 jaar nie.  Ons doen dit nie vir onsself nie, maar vir ons kinders en ons vaderland.

Beroepsgerigte vakkeuse

BVHS bied ‘n wye beroepsgerigte  vakkeuse aan om aan 100% van die leerders  toelating tot tersiêre studies te bied. BVHS is ook ‘n komprehensiewe skool omdat die skool oor ‘n Dienste-afdeling, wat Gasvryheidstudies en Toerisme insluit,  en oor ‘n  volledige Tegniese afdeling, beskik.  Welgedaan aan hierdie Tegniese leerders wat ook nou spog met ‘n N3-teorie kwalifikasie.  Dit is een van die unieke geleenthede wat BVHS aan die streek se kinders bied.

Hierdie gees van uitnemendheid blyk besonder duidelik uit die uitstaande uitslae van die 2022 graad 12-klas van BVHS.  Nie alleen behaal hulle ‘n 100% slaagsyfer met 165 onderskeidings tussen die groep van 148 nie. 100% Van hulle kwalifiseer ook om aan tersiêre instansies te gaan studeer.  82.43% Het toelating vir graadstudies behaal, 15.54% vir diplomastudies en 2.03% vir sertifikaatstudies.

Jaarliks tel BVHS onder die Vrystaat se topskole wanneer die matriekuitslae bekend gemaak word. Wian Burger, BHVS se Dux-leerder, bevind hom onder die Top 100-leerders in die Vrystaat.  Wian behaal ook 8 onderskeidings in Afrikaans Huistaal (88%), Engels Eerste Addisionele Taal (92%), Wiskunde (92%), Fisiese Wetenskap (96%), Lewenswetenskappe (90%), IGO (96%), Rekenaarstegnologie (92%) en Lewensoriëntering (87%).   

Twee leerders het sewe onderskeidings elk behaal, een leerder ses onderskeidings, ses leerders het vyf onderskeidings elk, ses het 4 A’s en agt leerders het drie elk. Die 2’s en 1’s voltooi die ryke oes!

Foto heel links: Vlnr: Hawi Gelata, Dané van Graan; Foto middel: Vlnr: Izet Beukes, Jennifer Kok, Dawie Maree, Jana Muller, Bealise Bothma;
Foto regs: Vlnr:  Juanita van Wyk, Joneen Lynch, Caitlyn Koster, Jocelyn Roos, Ruan Haward, Herman Muller

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal