Foto: Susan Bender en Milla Kotze
Voortrekker redenaars maak hul skool trots!
Die ATKV-redenaarskompetisie het hierdie jaar ‘n ander formaat aangeneem.
Geen gehoor of kwaai beoordelaar wat vir jou oor ‘n bril loer nie. Leerders moes hierdie jaar video’s van hulle toesprake instuur. Voortrekker het dit goed gedink om al die video’s een middag by die skool op te neem, om nog ‘n kompetisiegevoel te behou. Vir baie leerders was die video’s ‘n groot kopseer. Wat het nou geword van die voorsitter, die gehoor se energie… om nie eers te praat van oogkontak nie? Vir ander was dit egter net nog ‘n manier om te bewys dat hulle goeie redenaars is – met of sonder ‘n gehoor!
Mila Kotzé (gr.8-9 Afrikaans Huistaal) het ‘n 1ste plek in die Vrystaat en 8ste plek nasionaal behaal.
Susan Bender (gr.8-9 Afrikaans Huistaal) was net ‘n kortkop agter Mila en eindig 5de in die Vrystaat en 17de op die nasionale ranglys.
Die Trekkers is ook baie trots op ons Afrikaans Eerste Addisionele Taalsprekers. Yadel Valdes (gr. 8-9 Afrikaans Eerste Addisionele Taal) het ‘n 4de plek in die Vrystaat behaal en Basetsana Sempe (gr. 10-12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal) het in haar matriekjaar ‘n 6de plek in die Vrystaat behaal het.
Baie geluk met hierdie uitsonderlike redenaarsprestasies, Trekkers is trots op julle!
Lees meer oor BVHS:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/
https://www.voortrekker.co.za/
Kultuur by BVHS kook! ‘n Wye verskeidenheid aktiwiteite word aangebied! Kultuuraktiwiteite vind deurlopend by Voortrekker plaas en kan ons leerders hulleself uitleef!