Beste SA O.21 Hokkiespeler. Ané Janse van Vuuren, Hoofmeisie 2022 van Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, is vir die tweede keer in haar hokkieloopbaan as die beste SA o.21 hokkiespeler in haar ouderdomsgroep aangewys.
Ané is as die Nasionale o.21-hokkietoernooi se Speler van die Toernooi aangewys. Sy was in 2019 by die Nasionale o.16-toernooi (as 15-jarige) ook as die beste speler gekroon.
Dié student aan die NWU (Noordwes-Universiteit) het verlede week Noordwes se o.21’s in Kaapstad aangevoer wat die trofee gewen het. Die oud-Oranjes Leané McLaren, Naudene Prinsloo en Germarie Spershott was ook lede van dié span.
Ané en Germarie het albei in die eindstryd teen die WP in ‘n uitskietstryd hul doelpogings gesink. WP kon slegs 1 van hul 3 pogings verby Leané kry.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf