)

Besigtig een van die wêreld se grootste kommersiële legkaarte by Laerskool Stulting

Mnr. Louis Naudé het Laerskool Stulting, Humansdorp, verras deur sy legkaart aan die skool te skenk. Oom Louis, soos Stulting-leerders hom ken, het die legkaart in 2014 vanuit Duitsland na Suid-Afrika ingevoer.

Destyds was dit die grootste legkaart wat kommersieël aangekoop kon word.

Die Disney-karakter legkaart bestaan uit 40 000 stukke. Altesaam 10 panele van 4 000 stukke elk is met moeite en baie geduld oor ‘n tydperk van ongeveer 1 jaar en 2 maande deur Louis aanmekaar gesit. Dit het sowat 7 ure se bou per week geneem en sowat 100 stukke per uur.

Een stukkie was vir 2 weke weg, maar gelukkig het Essie, Louis se vrou, dit ontdek op die mat langs die bou-tafel.

Hierdie meesterstuk hang nou in die Grondslagfase-gang van Stulting vir almal om te bewonder.

Dieselfde gang waar Louis se vrou, Essie, haar skoolloopbaan jare gelede begin het.

Dit was ‘n hele gedoente om hierdie legkaart, wat in 10 aparte blokke gebou was, aanmekaar te kry. Die 10 blokke is onderste-bo aanmekaar gebou en toe met 2 lae houtgom gesmeer.

Die uitdaging was om die voltooide legkaart met sy 40 000 stukke teen die muur vas te kry. Dit was waarlik ‘n groot spanpoging met amper al die personeel wat moes handjie bysit om die legkaart suksesvol teen die muur vas te kon plak.

Hoe bevoorreg is Laerskool Stulting nie om te kan pronk met ‘n 40 000-stuk legkaart in sy gang nie! Stulting bedank graag vir Louis vir sy skenking.

Die meesterstuk gaan beslis nog vir baie jare vele vreugdes aan die leerders van Laerskool Stulting verskaf!

Foto bo: Die aanmekaarsit van die 10 panele was ‘n hele gedoente…

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal