Vier matrikulante het aan die MPC (Monetary Policy Commitee schools challenge), wat deur die Reserwebank aangebied word, deelgeneem.
Die leerders moes ān monetĆŖre beleid opstel en verduidelik of hulle die repokoers sou verander of dieselfde hou.
Die matrikulante het uitnemend presteer en het deurgedring as deel van die Top 7-finaliste aan dieĀ landswye kompetisie. Die Top – finaliste het verder ān voorlegging oor hulle monetĆŖre beleide aan ān paneel van beoordelaars, wat uit verskeie “Deputy Goveners” van die Reserwebank, bestaan het, gelewer.
Hanlo Esterhuizen, Michaela Grobler, MilĆ© Uys en Chris Kolver het ān derdeplek in die landswye kompetisie behaal.Ā Die skool het R11 000 en elke leerder R4 000 gewen.