)

Baadjie-seremonie – Hoërskool Fichardtpark

Baadjie-seremonie – By Hoërskool Fichardtpark was daar onlangs groot opwinding toe die Graad 8-leerders hul baadjie-seremonie beleef het. Ná ’n tydperk van oriënteringstoetse en die uitleef van die skool se tradisies, het elke leerder met trots sy of haar baadjie ontvang. Dit is ’n simbool dat hulle nou amptelik deel is van die Fichie-familie.

Die seremonie is nie net ’n formele geleentheid nie, maar ’n betekenisvolle mylpaal wat die begin van ’n nuwe reis aandui.

Om ’n ware Fichie te wees, beteken om die vyf kernwaardes elke dag uit te leef:

  • Geloof
  • Uitnemendheid
  • Resep
  • Integriteit
  • Diensbaarheid
Wat dit beteken om ’n Fichie te wees

Die Graad 8’s is tydens die seremonie herinner aan die unieke manier waarop ’n Fichie optree:

  • Om ander te behandel soos hy/sy self behandel wil word.
  • Personeel, besoekers en mede-leerders met respek te groet.
  • Hoflik op te staan wanneer ’n besoeker die skool betree.
  • Goeie maniere te toon – Fichie-manne laat dames eerste stap.
  • Op te staan wanneer ’n onderwyser die klas binnegaan.
  • Te alle tye hoflikheid en respek te betoon.
  • Matrieks met respek te groet en voorrang te gee.
  • Altyd positief oor Hoërskool Fichardtpark te praat – daar is genoeg rede daarvoor!
  • Uitdagings aan te spreek deur met ’n mentor, onderwyser of die skoolhoof te gesels.
Baadjie-seremonie - Hoërskool Fichardtpark
Baadjie-seremonie - Hoërskool Fichardtpark
’n Nuwe begin

Die ontvangs van die baadjie is meer as net ’n kledingstuk – dit is ’n belofte om die waardes van Hoërskool Fichardtpark uit te leef en met trots die naam van die skool te dra. Vir die Graad 8’s is dit die begin van ’n reis vol groei, herinneringe en prestasies.

Die Fichie-familie is trots op hul nuwe lede en sien uit na die positiewe bydraes wat hierdie jong leerders in die komende jare gaan maak.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.fpark.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal