Vrystaat Hoërskole Rugby – Hoërskool Fichardtpark se harte bars van trots. Fichies het groot nuus om te vier! Mnr Reon Vosloo, van Hoërskool Fichardtpark, is aangestel as die assistent-afrigter vir die Vrystaat Hoërskole Rugby Vereniging se o.17 span.
Saam met hom word ’n kragtige afrigtingspan gevorm, naamlik:
- Ian Pretorius – Hoofafrigter
- Reon Vosloo – Assistent-afrigter
- Donnavan Serfontein – Spanbestuurder
Hierdie span bring nie net kennis en ervaring nie, maar ook ’n passie wat elke speler aansteek. Julle toewyding en harde werk maak ’n tasbare verskil in skolerugby. Dit is iets waarvoor die hele Vrystaat dankbaar kan wees.
Fichies sê: “Maak die Vrystaat trots!” Hulle staan agter julle en wens julle alle sukses toe vir die week wat voorlê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








