Augsburg Landbougimnasium. Ken jy Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam? Wil jy graag weet hoe om ‘n Augsie te word? Lees die volgende 10-punt resep!
Bestanddele:
- Klim Karookop uit
- Swem in die Koos Louw-dam
- Wen interskole op Jan Mostertpark
- Groet gewoonlik met die hand
- Besit ‘n paar Strassberger vellies
- Beoefen minstens een somersport en een wintersport
- Dans los op ‘n “Klipwerf” treffer
- Kry ‘n gemiddeld van bo 60%
- Oes saam met jou skool druiwe en noem dit “Pars”
- Hardloop aflos by die kleure-atletiek, al kom jy los laaste
Metode: Roer alles saam en siedaar – jy’s ‘n Augsie!
Hoeveel punte uit 10 kry jy?
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za