ATKV Uitklop Spelkompetisie – Hoërskool Fichardtpark is besonder trots op hul leerders wat deelgeneem het aan die ATKV Uitklop Spelkompetisie se finaal.
Fichies het onlangs hul Spelmeesters van formaat in aksie gesien, tydens ’n spankompetisie, wat nie net die deelnemers se spellingvaardighede getoets het nie. Dit het ook hul selfvertroue getroef en hul konsentrasie en ‘n liefde vir Afrikaans gegee.
Mischka Fourie het uitgestaan as die algehele wenner in die Junior-afdeling. Sy het ‘n goue medalje ontvang as bewys dat toewyding en harde werk vrugte afwerp. Haar prestasie is ’n inspirasie vir jong leerders regoor die land.
Die res van die span het ook hul staal gewys en die kompetisie behoorlik laat sweet!
Hierdie talentvolle spelleerders wat met trots en styl deelgeneem het, is:
- Aidan Britz
- Michelle Cilliers
- Miante Pretorius
- Zoey du Plessis
Elke deelnemer het ’n belangrike rol gespeel in die span se sukses. Hulle deelname dra by tot die bevordering van taalvaardigheid en akademiese uitnemendheid by die skool.
Die spelloop is nie net ’n kompetisie nie. Dit is ’n viering van kultuur, taal en die krag van woorde. Hoërskool Fichardtpark se spelleerders het gewys dat hulle nie net slim is nie, maar ook passievol oor Afrikaans.
Baie geluk aan elkeen – julle is ware ambassadeurs van die skool en die taal!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








