)

ATKV-Tienertoneelkompetisie – Hoërskool Parel Vallei die wenner

ATKV-Tienertoneelkompetisie. Dreunend dapper tieners het met hul passie die verhoog aan die brand gespeel. Die swaargewig paneel van beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners van die ATKV-Tienertoneelkompetisie aan te wys.

Hoërskool Parel Vallei met mAaNmAaTs het daarin geslaag om die beoordelaars met puik spel te oorrompel. Hulle is as die nasionale wenner aangewys.

Die Hoërskool Jan van Riebeeck met Wat die water weet het hulself net so goed van hul taak gekwyt. Die tweede plek was hulle s’n.

Helpmekaar Kollege met n Einde is as die derdeplek wenner aangewys.

Die finaal van dié geliefde ATKV-Tienertoneelkompetisie het van 5 tot 8 Oktober in die Kunstekaap in Kaapstad plaasgevind. Die beste jong toneeltalent is tydens ’n spoggerige prysuitdeling op 8 Oktober aangewys.

Rooksein en Droomsindroom het die gehoor vermaak. Akteur en komediant, Solomon Cupido, was die pittige seremoniemeester by die geleentheid.

Beoordelaars

Die beoordelaars, was Jacques Bessenger, Mari Molefe van Heerden en Pietie Beyers. Marijda Kamper, Zenobia Kloppers en Wilhelm van der Walt was die ander beoordelaars. Hulle was dit eens dat die top 12-produksies kreatiewe baanbrekerswerk gedoen het. Met sulke talent en innovasie was die beoordelaars dit eens dat die toekoms van die teater kerngesond is.

Meer as 3000 dreunend dapper tieners het vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem. Hulle was van regoor Suid-Afrika. Die topproduksies is na die nasionale finaal genooi. Dit sluit die top 2-produksies in wat in die slegs-leerderskategorie meeding. In dié unieke kategorie is slegs leerders betrokke by al die aspekte van teatermaak.

Hoërskool Zwartkop met Oberon was die beste slegs-leerdersproduksie tydens die ATKV-Tienertoneelkompetisie 2022.

Lys van wenners

Beste verhoogbestuurder het Christine Cockett van Hoërskool Parel Vallei met mAaNmAaTs met die louere weggestap.

NEL ROHLAND van die HOËRSKOOL TYGERBERG met DIE WÊRELD IS ONS WONING NIE was die beste klankoperateur.

MEGAN PAYNE van HELPMEKAAR KOLLEGE met ’N EINDE was die beste beligtingsoperateur.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.pvallei.co.za/

Foto’s voorsien

Naaswenners. Wat die water weet. Hoërskool Jan van Riebeeck
Derde plek wenner. ‘n Einde van Helpmekaar Kollege
Beste media- en bemarking. H0ërskool Parel Vallei
Beste regisseur. Darryl Spijkers in die produksie Die Susterskao van Hoërskool Parel Vallei
Christine Cockett in die produksie Maanmaats van Hoërskool Parel Vallei. Verhoogbestuurder
Paul Strydom as Paul in die produksie Maanmaats van Hoërskool Parel Vallei
Mees belowende spel in ‘n rol. Caylee Ray as Jana in die produksie Wat die water weet van HS Jan van Riebeeck
Vian Singleton as Benjamin in die produksie ‘n Einde van Helpmekaar Kollege. Beste akteur
Zonika de Vries as Amy in die produksie ‘n Einde van Helpmekaar Kollege. Beste aktrise
Megan Payne in die produksie ‘n Einde van Helpmekaar Kollege. Beste beligtingsoperateur
Nel Rohland in die produksie Die wêreld is ons woning nie van Hoërskool Tygerberg. Beste Klankoperateur
Die beste akteur in ‘n ondersteunende rol. Dade Jason as Tiger Abrahams in die produksie Die wêreld is ons woning nie van HS Tygerberg
Beste Slegs-Leerders Produksie. Oberon van die Hoërskool Zwartkop
Die beste aktrise in ‘n ondersteunende rol. Corrine-Marie van Hoogdalem as MA in die produksie Na ‘n ander aarde van HS Noordheuwel

ATKV Tienertoneel competition -Thanks to the very brave teenagers who undoubtedly took the stage on fire with their passion. A heavyweight panel of judges had to scratch their heads to nominate the winners of the popular ATKV-Tienertoneel competition.

Winners

Parel Vallei High School with mAaNmAaTs managed to overwhelm the judges with great play. They also were declared the national winner. Jan van Riebeeck High School with What the Water Knows did just as well. They took second place. Helpmekaar College with An End was named the third-place winner.

The final of this much-loved ATKV-Tienertoneel competition took place from 5 to 8 October in the Artscape in Cape Town. The best young acting talent was also announced at a prestigious awards ceremony on 8 October. In addition Smoke Signal and Dream Syndrome entertained the audience. Actor and comedian, Solomon Cupid, was the pithy master of ceremonies at the event.

The judges

The judges were Jacques Bessenger, Mari Molefe van Heerden and Pietie Beyers. Other judges were Marijda Kamper, Zenobia Kloppers and Wilhelm van der Walt. They also agreed that the top 12 productions pioneered creatively. With such talent and innovation, the judges agreed that the future of the theatre is very healthy.

More than 3000 teenagers took part in this year ATKV-Tienertoneel competition. They were from all over South Africa. The top productions were also invited to the national finals. This includes the top two productions competing in the learners-only category. In this unique category, only learners are involved in all aspects of theatre making.

Zwartkop High School with Oberon was also the best learner-only production at the AYKV-Tienertoneelfees 2022.

List of winners

As the best stage manager, Christine Cockett, also from Parel Vallei High School, walked away with mAaNmAaTs with the laurels.

The best sound operator was also NEL ROHLAND from TYGERBERG High School with THE WORLD IS NOT OUR RESIDENCE.

MEGAN PAYNE of the HELPMEKAAR COLLEGE with AN ENDING was the best lighting operator.

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal