ATKV Senior Afrikaans Olimpiade. Drie van Curro Durbanville se leerders het onlangs uitstekend in die ATKV-Senior Afrikaans olimpiade presteer.
Inühn Fourie (gr.11) en Anja Fourie (gr.12) het die Wes-Kaapse Top 20 behaal. Hulle het ook die Nasionale Top 100 in die EAT-kategorie behaal. Maria Inggs (gr.10) het die Nasionale Top 100 in die Huistaalkategorie behaal.
Hierdie drie meisies is waarlik taalboffins!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf