ATKV-debatspanne – Hoërskool Jan van Riebeeck is baie trots op hulle talentvolle ATKV debatspanne. Hulle het onlangs hul staal gewys by die ATKV-debatkompetisie.
Die senior span het nie deurgedring na die semi-finale rondte nie. Cara Swanepoel en Elsabé Scholtz het egter met trots hul debat in die senior afdeling gewen. Dit is ’n puik prestasie wat wys dat harde werk vrugte afwerp.
Die juniorspan, bestaande uit Karu Rademeyer, Katryn Silvis en Mischa Leith, het nie net hul debat gewen nie, maar ook deurgedring na die semi-finale ronde as een van die top tien juniorspanne in die land!
Die semi-finale rondte vind op 6 Junie by Hoërskool Stellenbosch plaas, en die juniors word alle sterkte toegewens vir hierdie volgende uitdaging.
Jan van Riebeeck is baie trots op elkeen van julle. Hou so aan om die vlag hoog te dra!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien
Become a Sponsor








