ATKV Debat. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se eerste seniorspan het in die ATKV Debat finaal teen Affies gedebatteer. Die finaal was by Buffelspoort en die onderwerp was: “Pleknaamsverandering bevorder versoening in SA”.
Wihan Meyer en Jordan Cridland het uitstekend gevaar om vierde in Suid-Afrika te eindig. Die eerste juniorspan het ook teen Affies gedebatteer en Christiaan van der Merwe, Ian Lubbe en Rossouw van Niekerk het koelkop gedebatteer oor: “Gaming-gewoontes van tieners moet deur wetgewing gereguleer word”. Hulle het tweede nasionaal geëindig.
Dit is absoluut briljant om, vir die eerste keer in PRG se debatsgeskiedenis, twee spanne in die finaal te hê. Dan stap hulle nog boonop weg met die vierde en tweede plek!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf