ASA Atletiek. Goud en ‘n nuwe rekord vir Carise van Rooyen van BVHS! Carise van Rooyen het deelgeneem aan die ASA Atletiek Kampioenskappe. Sy het Goud gewen met dogters o/16 Hindernis. In dieselfde item het sy ook die SA rekord verbeter.
Nog ‘n skitterende atleet van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, Kristiaan Klopper, het dubbele goud om sy nek gehang! Kristiaan is die nuwe O/20 Suid Afrikaanse kampioen en rekordhouer in diskus en gewigstoot by die SASAPD kampioenskappe in sy spesiale klassifikasie. Hy het die diskusrekord vanaf 23.98m na 28.21m verbeter. Verder het hy die gewigstoot rekord vanaf 7.84m na 9.19m verbeter!
Carise en Kristiaan is ń inspirasie vir almal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf