Arend Toutrekkers. Op Saterdag, 28 Januarie, het die Arend-toutrekkers van Hoërskool Strand hul eerste kompetisie vir die jaar by die Boy Louw-velde in die Paarl gehad. Dit was verfrissend om soveel nuwe gesigte op die veld te sien saam met die ou bekendes. Die sport is besig om eksponensieel te groei, waarskynlik a.g.v. die feit dat daar soveel spangees is, hoe dan anders met Juffrou Hannalie daar?
Daar was 142 spanne in totaal. Hoërskool Strand is deur nege spanne verteenwoordig. Die 480kg Seuns en die 520kg B en C Gemengde Spanne het uit baie nuwe trekkers bestaan. Hierdie spanne het nie ‘n sekonde teruggestaan vir die ervare spanne van skole soos HTS Drostdy en Hoërskool Robertson nie. Hulle het regtig beïndruk met hul uithouvermoë en veggees.
Die ander spanne se resultate was as volg:
- 480kg Dogters 4de
- 600kg Seuns 2de
- 520kg A Gemeng 5de
- 560kg Seuns 2de
- 520kg A Dogters 4de
- 520kg B dogters 5de
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf