)

Amy Fröhlich verslind boeke – Sekondêre Meisieskool Oranje

Amy Fröhlich verslind boeke. Amy Fröhlich, ’n Graad 12-leerder, VRL-lid, toptien kandidaat en eerstespan-netbalspeler, vind tussendeur ook nog tyd om ’n spul leesboeke deur te draf.

Sy het in 2023 nie minder nie as 115 boeke gelees. Sy het dus gemiddeld elke derde of vierde dag met ‘n nuwe een begin. Dít terwyl sy ongeveer tien uur per week netbal geoefen het én sy tweede in haar graad in akademie gestaan het.

Sy het teen begin Mei “net” 18 boeke vanjaar gelees, want sê sy ervaar matriek besiger as vorige jare.

Die leesgogga het haar in Graad 10 gebyt toe sy vir ’n paar maande siek was en nie kon netbal speel nie. Sy sê lees het definitief haar woordeskat uitgebrei wat handig in haar skryfstukke te pas kom.

Haar gunsteling-skrywer is die Amerikaner Kiera Cass, meestal bekend vir haar reeks “The Selection”. Dís ook van Amy se gunsteling-boeke. Sy lees gewoonlik romantiese fiksie laataande op haar bed of in die paar minute wat sy tussendeur huiswerk en netbaloefening kan steel.

Amy se mikpunt is om ná skool Aktuariële of Wiskundige Wetenskappe te studeer. Dit is dus geen verrassing dat Wiskunde die vak is waarvan sy die meeste hou nie.

Haar hoofbron vir boeke is die aanlynbiblioteek Library Genesis. Sy vind e-boeke geriefliker om rond te dra, want sy is bang om hardebandboeke te beskadig.

Amy wil nie eendag self boeke skryf nie en geniet lees net as ontspanningsaktiwiteit. Sy en haar sussie bespreek graag boeke wat hulle albei gelees het. – Deur Eunice Cilliers (Vooruit-redaksie)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto verskaf

All reactions:

230230

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal