American Express Super 8. Hoërskool Gimnasium Paarl skitter op nasionale vlak! 🎾
Baie geluk aan Mienke Troskie en Hanri van Rooyen wat onlangs hul talent ten toon gestel het by die prestigeryke American Express Super 8-toernooi in Port Elizabeth.
- Mienke Troskie het die o.14-afdeling met groot styl gewen. Sy het nie net die titel ingepalm nie, maar ook die nommer een én twee gekeurde spelers agter mekaar geklop – ’n ongelooflike prestasie wat haar ware kampioensgees wys!
- Hanri van Rooyen het in die o.16-afdeling sy krag en vasberadenheid getoon deur ’n puik derde plek te verower.
Hierdie uitsonderlike prestasies wys dat Gimnasium Paarl se jong sportsterre nie net plaaslik nie, maar ook nasionaal hul merk maak.
Paarl Gim is uiters trots op julle – hou aan om hoog te mik en die Gimnasium-vlag met trots te laat wapper!
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









