AMCS streek- en klubkampioenskappe. Dylan Grobler, Graad 10 leerder van Hoërskool Framesby Gqeberha, het Saterdag, 14 September deelgeneem aan die sesde rondte van die AMCS streek- en klubkampioenskappe by Aldo Scribante Renbaan. Hy het in die Junior CBR 150cc en SSP 300cc motorfiets klasse deelgeneem.
Dylan het die 1ste plek in die CBR 150cc junior klas en algehele 1ste plek verower en ‘n 1ste plek in die SSP 300cc klas.
Dylan is uitgenooi om deel te neem aan die Red Bull MotoGP Rookies Cup Selection geleentheid wat vanaf 29 September tot 2 Oktober 2024 in Spanje plaasvind.
Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor