)

Amanda Coetzer-tennistoernooi – OMS verwelkom spanne

Amanda Coetzer-tennistoernooi. Agt van die land se voorste tennisskole trek vandeesweek in Bloemfontein saam. Die meisies gaan tydens die Amanda Coetzer-tennistoernooi meeding om die nie-amptelike titel as Suid-Afrika se voorste Meisieskole Tennisspan.

Die Amanda Coetzer-tennistoernooi word ná ’n afwesigheid van twee jaar, weer by die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein aangebied. Dit duur van 11 tot 14 Mei. Wedstryde begin sogggens om 09:00.

Die toernooi is vernoem na die oudleerder van die skool wat die meeste sukses nóg as ’n Suid-Afrikaanse vrouespeler behaal het. Amanda was in 1997 nommer drie op die wêreldranglys.

Die deelnemende skole is Rhenish Girls’ High School, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Menlopark, Hoër Meisieskool Bloemhof, Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, Hoër Meisieskool Paarl, Paarl Gimnasium en Oranje.

Bloemhof, met 13 titels, is die Amanda Coetzer-tennistoernooi se mees suksesvolle skool en is die verdedigende kampioen. Oranje (2012, 2013, 2015 en 2018) en Waterkloof was elkeen vier keer die kampioen.

Oranje het in Maart vanjaar die eerste slag geslaan deur Bloemhof in die eindstryd van die Gerrie Berner-toernooi in die Paarl te klop. Sodoende het hulle dié trofee die eerste keer sedert 2015 verower.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal