Alpha Wiskunde. Hugies lei die pak in Wiskunde! Hugies se harte bruis van trots oor die uitstaande prestasie van hul Alpha Wiskunde-kandidate!
Alpha Wiskunde is ’n gevorderde program wat leerders blootstel aan uitdagings op universiteitsvlak — van komplekse probleemoplossing tot kritiese denke en diepgaande redenasie. Dit is ’n elite-uitdaging wat slegs deur die beste denkers aangepak word. Daarom is hierdie uitslae nie net indrukwekkend nie, maar ook ’n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en ware akademiese talent.
🌟 Baie geluk aan hierdie ster-kandidate:
- Christiaan Botha – A+
- Carlo Potgieter – A+
- Jana du Toit – B
- Marlize Engelbrecht – B
- Lelanie le Roux – B
- Leander van Zyl – C
- Zhaar Taljaard – C
- Thomas Karsten – 55%
- Ulrich Slabbert – 40%
Elke prestasie, groot of klein, dra by tot die trotse nalatenskap van die Hugies. Julle het gewys dat ware toewyding en passie vir wiskunde grense verskuif.
Ons sê:
Legendaries – elke liewe een van julle! Hoër-en-hoër – Hou so aan, Hugies!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









