Alouise Campher van Outeniqua Hoërskool in George, lid van die Sa o/16 muurbalspan.
Alouise Campher van Outeniqua Hoërskool het in die Desembervakansie as lid van die SA onder 16 muurbalspan aan twee toernooie oorsee deelgeneem. Sy het in die onder 17 ouderdomsgroep die 22e posisie behaal in die REDTONE KL Junior Ope Toernooi in Maleisië wat die tweede grootste toernooi ter wêreld is asook die 13e posisie in die ONCOCORE Singapoer toernooi. Dit is voorwaar uitstekend en die Kwaggas is baie trots op haar. Sy staan agter tweede van regs.