Allegretto Nasionale Eisteddfod. Hoër Volkskool Potchefstroom het die voorreg gehad om verlede week ‘n gedeelte van die Nasionale Allegretto Eisteddfod aan te bied en het uitstekende individuele en gesamentlike prestasies behaal.
Volkies word algeheel aangewys as die Kultuurskool/ Sentrum van die jaar vir koördinering en aanbieding van die Allegretto IPE Nasionale Eisteddfod. Juffrou Karien Benson ontvang ook die toekenning vir die mees inspirerende, nasionale area verteenwoordiger.
Volkies se leerders het ook uitgeblink op die verhoog en behaal die volgende besonderse prestasies:
Ashley Viljoen:
- Gedramatiseerde prosa – A++
- Stilstaande gedig – A+
Danica Elize Jonker:
- Voorbereide redenaars – A++ (ontvang ‘n medalje)
- Stilstaande gedig – A+
- Voorbereide lees – A++
Eduard Viljoen:
- Voorbereide lees – A+++
- Ontvang trofee vir beste voorleser van die Allegretto
Hanno van Zyl:
- Dramatised Poetry – A++
- Gedramatiseerde Prosa – A++
- Monoloog – A++ (ontvang ‘n trofee)
Ashley en Eduard word ook as ambassadeurs aangewys vir die Allegretto Eisteddfod.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










