All Girls Tennisspan. Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, se All Girls Tennisspan het ‘n derde plek behaal nadat die span Affies met 3-1 wen. Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein is vanjaar se tenniskampioene en Rhenish Girls’ High School het tweede geëindig.
Nina van Eeden (kaptein) en haar span het puik vertoon, veral omdat elke speler een posisie hoër moes speel terwyl Bloemhof se nommer 1-speler, Mila Kotze, in Namibië deelneem.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor











