All Ages Netbaltoernooi. Ses leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het vanaf 26 tot 29 Junie aan die All Ages Netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem.
Die leerders is Lisa Rautenbach (o/14), Clarise Reinecke (o/14), Janke Schnetler (o/14), Viola Mkhize (o/14), Celri Botha (o/15) en Karabo Sempe (o/15).
Janke Schnetler en Viola Mkhize is verkies tot die o/14 Jaquarspan. Hulle het vanaf 1 tot 4 Julie aan die S A Winter Spele in Stellenbosch deelgeneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








