)

Toutrek – Hoërskool Strand se teenspoed omgesit in medaljes

Toutrek. Nege van Hoërskool Strand se Arend-toutrekkers het op Donderdag, 23 Junie, saam met die senior toutrek lede van die Helderberg-klub na Pretoria vertrek. Hulle het aan die Suid-Afrikaanse Klub Toutrek Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Aanvanlik het sake nie so goed verloop nie. Die bus  het tussen Somerset-Wes en Stellenbosch gebreek. Verder het ‘n band van een van die sleepwaentjies gebars en daar was ‘n misverstand met die verblyfreëlings. Ten spyte van al hierdie terugslae, het Hoërskool Strand se toutrekkers die medaljes ingeryg.

Die uitslae is soos volg:

  • 540kg dames – goud
  • 500kg dames – brons
  • 500kg o.23 dames – silwer
  • 560kg mix – goud
  • 580kg mix – brons
  • 640kg presidentliga – goud

Die Helderberg toutrek klub het aan die einde van hierdie kompetisie tweede in die WP geëindig.

Capping

Na hierdie kompetisie het die “capping”-geleentheid van die nasionale spanne ook plaasgevind. Melizza van der Merwe is in die Suid-Afrikaanse Protea-span (SA Springbokspan) opgeneem en Nina Esterhuysen in die SA Gazelle span (SA B-span). Hulle gaan albei Suid-Afrika vanaf 14 tot 18 September by die Wêreldkampioenskap in Holten, Nederland verteenwoordig. Melizza trek in die groen en goud en gaan Suid-Afrika teen ander lande verteenwoordig. Nina gaan vir Suid-Afrika aan die ope klub kampioenskappe deelneem.

Albei afrigters, Schalk van der Merwe en Zounica van der Merwe, is ook in van die Protea-spanne opgeneem. André van Rooyen, die laerskoolafrigter, is in die Gazelle-span opgeneem.

Hoërskool Strand oudleerders, Zounika van der Merwe, Tara Kruger, Rico Thiart, Elandré Kemp en Steffie Visser (Sheppard) het ook hulle Prorea-kleure ontvang.

Wat hierdie geleentheid nog meer spesiaal maak, is dat Melizza, Zounica en hulle pa, Schalk van der Merwe, al drie in die Protea-groep ingesluit is!

Melizza van der Merwe, Schalk van der Merwe en Zounica van der Merwe André van Rooyen, Nina Esterhuysen en Schalk van der Merwe
Dames met goue medaljes

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsstrand.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal