Akademiese keuringstoer. “As jy droom – droom groot.” Dit is die leuse wat Elizabeth Aucamp al van kleins af koester – en nou het sy dit met trots uitgeleef. Haar droom het ‘n werklikheid geword toe sy die uitsonderlike geleentheid gekry het om aan ’n akademiese keuringstoer na die Verenigde State deel te neem. Kampusse van wêreldbekende universiteite soos Harvard, Yale, MIT, Columbia en Princeton is verken – ’n ervaring wat haar akademiese horisonne verbreed het.
In Elizabeth se eie woorde:
“Ek het die uitdaging van nuwe kursusse en kurrikulums bewonder, hoe hulle akademiese beleide werk en ook hulle kultuur waardeer. Nuwe vriende en kontakte is gemaak. Alles is moontlik omdat ons by Transvalia ’n goeie basis kry om van af te begin droom – as ’n fondasie vir ons toekoms. Verskillende kulture is altyd interessant en ook ander lande se uitdagings is goed om te sien.”
Tog bly haar hart by Suid-Afrika – en veral by ons heerlike kos. Elizabeth glo vas: “Enige iets is moontlik as jy hard leer en groot droom.”
Valia is ongelooflik trots op Elizabeth – ’n ware Valia-ambassadeur wat wys dat drome nie grense ken nie.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








