AJ Sportweek Hokkie. Tydens die skoolvakansie, het Hoërskool Swartland, Malmesbury, se hokkiemeisies gereis na Mosselbaai vir die AJ Sportweek Hokkie wat by Hoërskool Punt plaasgevind het.
Hier is die uitslae van ons o/19A-hokkiedogters tydens dié toernooi. Ons bedank ook graag hul hoofborg, Willard, wat die meisies bygestaan het en steeds doen. Die dogters het uitgestaan met hul pragtige klere wat gepaard gegaan het met fantastiese hokkie.
Hierdie hokkiespan het nie een wedstryd verloor nie en het die Rockies trots verteenwoordig in die finaal.
Hoërskool Swartland het tweede algeheel geëindig en Mia Steyn is ook aangewys as die top doelskieter van die toernooi.
Uitslae o.19 dogters:
- Hoërskool Swartland wen 7-0 teen Hoërskool Melkbosstrand
- Wen 3-0 teen Hoërskool Hartebeespoort
- Wen 6-0 teen Hoërskool Paul Erasmus
- Wen 3-1 teen Hoërskool Grens
- Wen 2-0 teen Hoërskool Labori
- Wen 8-0 teen Hoërskool Vryburg
- Wen 2-0 teen Hoërskool Overberg
- Wen 2-0 teen Hoërskool Punt o.19B
- Wen 2-0 teen Hoërskool Kirkwood
- Verloor 0-1 teen Hoërskool Punt
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf