African Youth Games. Hoërskool Outeniqua, George, is vol groot trots en opgewondenheid om aan te kondig dat Jayden Fourie gekies is om die Suid-Afrikaanse atletiekspan te verteenwoordig by die 4th African Youth Games, wat van 10–20 Desember 2025 in Luanda, Angola plaasvind.
Hierdie prestasie is ’n merkwaardige eer en ’n duidelike bewys van Jayden se harde werk, onwrikbare toewyding en uitstaande talent. Jy dra die Kwagga-gees met trots, Jayden, en ons weet dat jy Suid-Afrika én Kwaggaland met glorie gaan verteenwoordig!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








