Africa Dance Championships. Denise Breytenbach, Primêre Meisieskool Oranje, het gedurende die afgelope vakansie aan verskeie internasionale danskompetisies deelgeneem, insluitend die Africa Dance Championships. Sy het Suid-Afrika in drie nasionale spanne verteenwoordig, haar Protea-klere verwerf en is as wêreldkampioen gekroon as lid van ’n formasiegroep!
Grodzisk Mazowiecki, Pole | 19–21 Junie 2025
- IDO Disco Wêreldkampioenskap (12 jaar en jonger): 83ste
- IDO Disco Slowdance Wêreldkampioenskap (12 jaar en jonger): 69ste
Winter Gardens, Blackpool, Engeland | 27–29 Junie 2025
- Kampioenskap Freestyle Formation Adults: 1ste 🏆
- Wêreldkampioenskap Slowdance (12 jaar en jonger): 24ste
- Wêreldkampioenskap Freestyle (12 jaar en jonger): 21ste
IDO African Championship | Sun City | 3 Julie 2025
- Disco Dance Duo (12 jaar en jonger): 1ste
- Disco Slowdance Mixed (12 jaar en jonger): 3de
- Disco Dance Solo (12 jaar en jonger): 4de
- Street Dance Show Duet (12 jaar en jonger): 5de
- Hip Hop Duet (12 jaar en jonger): 15de
Baie geluk, Denise, met jou indrukwekkende uitslae en buitengewone prestasies! Jou harde werk, talent en toewyding is inspirerend. 🇿🇦
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor











