Die Nasionale Skole Netbal Kampioenskap is een van die groot jaarlikse hoogtepunte op skole netbal-kalender. Vanjaar se hoërskole-byeenkoms was weer by Hoërskool Dr E.G. Jansen in ‘n bitter koue Boksburg gehou vanaf die 19 tot die 21 Julie. Ongeveer 120 netbalspanne neem jaarliks aan die nasionale byeenkoms deel. By die Nasionale Skole netbalkampioenskap het die o/14, o/16 en eerstespan netbalspanne van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, weggestap met goud terwyl die 0/17 span ‘n silwer medalje behaal het.Die spanne se tellings in die finale wedstryde was o/14’s Affies 20 – Oranje 5; o/16’s Affies 21 – Dinamika 13; 0/17 Affies 11 – Hoërskool Klerksdorp 18. Die eerstespan van Affies se opmars om as SA-Kampioene gekroon te word was prysenswaardig. Affies se eerstespan het vanjaar geskiedenis gemaak – omdat hulle slegs een wedstryd vanjaar verloor het.
Die spanne het oor diè afgelope naweek vyf poel wedstryde gespeel en drie voorkwart wedstryde. Volgens Mynhardt (Direkteur Netbal by Afrikaanse Hoër Meisieskool) “het die skool se netbalspanne ‘n goeie toernooi gehad”. Sy sê “Die eerste span het as ‘n eenheid saam gespeel en was beslis ‘n span met diepte. Die kaptein van die eerste span het ‘n bal gedraai wanneer sy moes. Die res van die span se aanvallende spel was fenominaal hul balspoed en plasing van die bal was uitstekend. Sentraal was by verre die sterkste teenstanders van die toernooi. Maar die deurslag was dat die span kalm gebly onder druk.”