Matriekleerders van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het hul skoolskoene vandag uitgetrek met die doel om hulle ou skoolskoene vir minder bevoorregte leerders te gee.
Affies het vandag vir die voorlaaste keer almal saam geskryf en het besluit om hulle ‘kindwees’ op die manier te groet.
Dit is simbolies – want nou moet hul op hul eie voete begin staan.
178 paar skoolskoene is ingesamel en die skoene gaan aan verskeie organisasies uit gedeel word.