ABSA Run Your City. Hoërskool Framesby, Gqeberha (Port Elizabeth), se landloop atlete het in hul massas opgedaag by die ABSA Run Your City wedloop. Die atlete het uitstekend presteer in die Junior Afdeling se span- en individuele kompetisies.
Framesby se dogters spanne het briljant gedoen met die A-span wat die spankompetisie gewen het. Die B-span het die 2e plek behaal. Die seuns het ook baie goed presteer en die A-span het ‘n 2e plek behaal, die B-span 3e en die C-span wat 4e geëindig het.
Ilke Wolmarans het ‘n 2e plek behaal in die Junior dogters afdeling met ‘n tyd van 44:16 vir die 10km. Dallian Oerson het ‘n 4e posisie behaal in die junior seuns afdeling met ‘n tyd van 35:45.
Hoërskool Framesby sien uit na die komende seisoen onder leiding van Juf. Cronje, want as die deelname en die uitslae so goed is, kan dit net ‘n baie baie goeie landloop seisoen wees.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf