Big 5 open Gholftoernooi. Tiaan Louw, Graad 7 leerder van Primêre Skool Fichardtpark in Bloemfontein, het vanaf 25 tot 27 Maart aan die U.S. Kids Golf se internasionale Big 5 Open gholftoernooi op Magaliespark deelgeneem.
Die kompetisie was sterk, maar na ‘n goeie dag 3 waarop Tiaan ‘n 74 gespeel het, eindig hy in die 5de plek in die 13 – 14 jaar groep. Tiaan is, nadat hy in die top 5 geëindig het, genooi om aan die European World Championship deel te neem. Die toernooi vind in Skotland plaas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf