SA Skole Atletiek Kampioenskap.
Twee graad 12-seuns spog élk met twee medaljes na afloop van die naweek se SA Skole Kampioenskap in die Paarl.
Karabo Letebele (regs) verower goud as deel van die o/19 4x100m-aflosspan wat die finaal gewen het; hy word ook met ‘n individuele goue medalje as die nasionale o/19 100m-kampioen bekroon.
Heinrich Theron (links) verower die silwermedalje in die seuns o/19-diskus en wen óók goud en die nasionale titel in die seuns o/19-gewigstoot.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegesecondary.com/
Foto verskaf