Laerskole krieket. Trio Primêr het die afgelope naweek deelgeneem aan die o.11 Laerskole krieket toernooi by St. Andrews School in Bloemfontein.
Uitslae behaal:
Trio Primêr teen St. Andrews School:
- Trio Verloor ongelukkig die wedstryd met 53 lopies.
- Erhardt Jonker teken 45 lopies aan
- Malan Mostert neem 3 paaltjies vir 23 lopies.
Trio teen Welkom Volkskool:
- Trio wen met 193 lopies
- Jaycé Visagie teken 128 lopies van 88 balle aan
- Malan Mostert neem 4 paaltjies vir 11 lopies
- Speler van die wedstryd: Jaycé Visagie.
Trio teen Primêre Skool Jordania van Bethlehem:
- Trio wen met 73 lopies
- Malan Mostert teken 80 lopies aan van 64 balle
- Luan Nel neem 2 paaltjies vir 12 lopies
- Speler van die wedstryd: Malan Mostert.
Trio teen Tjokkies:
- Trio wen met 72 lopies
- Jaycé Visagie teken 82 lopies aan van 51 balle
- Erhardt Jonker neem 1 paaltjie vir 2 lopies
- Speler van die wedstryd: Jaycé Visagie.
Jaycé Visagie is ook aangewys as die speler met die meeste lopies gedurende die toernooi. Trio wen dus 3 uit die 4 wedstryde. Uitstekende uitslae!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








