Vrystaat Fietsry. Gedurende die Vrystaat Fietsry-prysuitdeling, Saterdag, 26 Oktober, is Hoërskool Witteberg se fietsryers vereer vir hul prestasies gedurende die jaar. Die Witteberg-span het ’n trofee ontvang vir die Beste Gemengde Skool in die provinsie vir die XCO-reeks en die 2de plek vir die XCM-reeks.
Inge van Heerden het spesiale toekennings ontvang tydens die prysuitdeling vir:
- Beste junior meisie-bergfietsryer in haar afdeling
- Beste algehele junior meisie-bergfietsryer
- Sy het ook ’n trofee ontvang vir die 3de beste Sub-Junior meisie in XCO en XCC by die SA’s
- Inge het ook Vrystaat-kleure ontvang in XCO, Marathon en Padfiets.
Franco van Heerden het sy Vrystaat-kleure ontvang in XCO en Marathon.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








