)

“Dinge van ‘n Skoolkind” – Hoërskool Strand

“Dinge van ‘n Skoolkind” – Agt leerders van Hoërskool Strand het ‘n werkswinkel drama “Dinge van ‘n Skoolkind” bygewoon. Daar kon hulle hul eie stories vertel. Die leerders wat dit bygewoon het is:

  • Regenine Daars
  • Dornel Fortuin
  • Mia Myburgh
  • Nathan Nel
  • Tarrin September
  • Kayden Shand
  • Mia Strydom
  • Lee-Ann Taljaard

Die stuk het in die perfekte skool, Hoërskool Eksieperfeksie, plaasgevind en die stories van agt leerders is gevolg.

Hulle eerste fees was die Allegretto Toneelfees op 10 Julie. Dit was ‘n uitdaging aangesien die vertoning virtueel opgeneem moes word weens die erge weers-omstandighede. Danksy Gereard Schneider se knap verhoogbestuur het die span op hul eie verhoog opgetree. Dit is egter in Muizenberg beoordeel.

Die toneelspan het ‘n groot verskeidenheid van toekennings ontvang. Franko Stevens ontvang Goud vir die Choreografie van die toneelstuk “Dinge van ‘n Skoolkind”. Franco is ook as die Beste Choreograaf in die Wes-Kaap aangewys. Die produksie behaal ‘n derde plek in die provinsie.

Op 24 Julie is die toneelspan na die Parel Vallei Toneelfees. Daar behaal hulle brons.  Op 5 Augustus neem hulle deel aan die Klein Libertas Toneelfees by Drostdy Teater in Stellenbosch. Hulle wen daar ook brons. Lee-Ann Taljaard en Nathan Nel ontvang altwee ‘n silwer toekenning vir hulle toneelspel. 

Dit was ‘n lang, maar wonderlike reis vir almal wat bygedra het om van hierdié so ‘n spesiale produksie te maak.

"Dinge van 'n Skoolkind" - Hoërskool Strand
"Dinge van 'n Skoolkind" - Hoërskool Strand
Nathan Nel (links) en Lee-Ann Taljaard (regs) ontvang albei ‘n silwer toekenning

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hsstrand.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal