)

ATKV-Tienertoneel Streeksfees – Hoërskool Witteberg

ATKV-Tienertoneel Streeksfees. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, se leerders het uitgeblink by die ATKV-Tienertoneel Streeksfees. Die streeksfees is in Bloemfontein aangebied.

Benoemings en toekennings: Die regisseurs van Donkermaan, Ronelle en Jené van Heerden, is benoem as die Beste Regisseurs van die Week. Die tegniese span is ook erken vir hul goeie tegniese hantering. Verder het die ensemble ook as ‘n eenheid uitgestaan, wat gesamentlik as Beste Ensemble benoem is.

Goue toekennings: Die produksie het ‘n goue toekenning ontvang.

Jené en Ronelle van Heerden, as regisseurs, het gesamentlik goud verwerf vir hul puik werk. Die ensemble het bestaan uit Milan de Villiers, Jani de Bruin, Mignon Thomas, Henke Minnaar, Cara Cilliers, en Simuné de Villiers. Hulle het ook goud ontvang vir hul samewerking en uitvoering op die verhoog. Verder is Dirk Willemse vir sy uitstekende beligtingsontwerp beloon. Die tegniese span, bestaande uit Gerhard Nel, Hylet Ungerer, en Suné Hills, het erkenning gekry vir hul verhoog tegniese vaardighede. Illne Myburgh het goud ontvang vir haar rol as verhoogbestuurder.

Silwer toekennings: Silwer is toegeken aan Milan de Villiers, Mignon Thomas, Henke Minnaar, en Jani de Bruin vir hul individuele spel. Dirk Willemse is weer vereer, hierdie keer as klankoperateur. Die span wat verantwoordelik was vir stelinkleding, bestaande uit Suné Hills, Hylet Ungerer en Gerhard Nel, het ook silwer verwerf, terwyl Suné Hills en Hylet Ungerer silwer ontvang het vir hul stelontwerp.

Brons toekennings: brons toegeken aan Chabeli Rathulo vir sy werk as klankoperateur en klankontwerper.

Die sukses van Donkermaan by die ATKV-Tienertoneel Bloemfontein Streeksfees is ‘n trotse oomblik vir Witteberg aangesien hier met groot name gekompeteer word.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal