)

Pietie Coetzee Hokkietoernooi 2024 – Primêre Meisieskool Oranje

Pietie Coetzee Hokkietoernooi 2024. Oranje het ‘n trotse tradisie wat jaar na jaar voorleef om verskeie o.7 hokkie-spanne van skole regoor Bloemfontein te nooi vir die graad 1 wedstryde.

Op Vrydag, 2 Augustus, het die die volgende graad 1-spanne deelgeneem:

  • Oranje o.7A
  • Oranje o.7B
  • Eunice Primary
  • Primêre Skool Willem Postma
  • St. Michael’s
  • Primêre Skool Fichardtpark
  • St. Andrew’s
  • Primêre Skool Grey Kollege.

Beide Oranje se o.7A en o.7B spanne het hul wedstryde gewen.

Die graad 1 leerders geniet dit vreeslik en sien dan ook uit om eendag moontlik as o.13 in die Pietie Coetzee Hokkietoernooi deel te neem. Vanjaar het Grey se seuns vir elkeen van ons Eendjies ‘n pragtige roos gegee na afloop van die wedstryde.

Oranje o.12A-hokkiespan

Oranje se o.12A-hokkiespan het weer vanjaar aan dié toernooi deelgeneem en het ‘n groot taak op hande gehad. Hulle moes al hulle wedstryde teen o.13A spanne gespeel het. Die dogters het hulle staal gewys en al was die uitslae nie in hulle guns nie het hulle, hulle man gestaan en hulle staal gewys. Hulle het tot die einde aanhou veg en hulle beste gegee.

OMS o.12A het teen Vaalpark, Eunice, Chelsea Prep en St Mary’s gespeel. Hulle moes teen Menlopark uitspeel vir 9de en 10 de plek. Hulle wen vir Menlopark en eindig dus 9de in die toernooi.

Uitslae

  • OMS o.13 wen teen Willem Postma 3-0
  • OMS o.13 wen teen Union High School 2-0
  • OMS o.13 wen teen Menlopark 3-0
  • OMS o.13 speel gelykop teen Collegiate 2-2
  • In die semi-finaal verloor OMS o.13 teen Eunice 1-0.
  • OMS o.13 speel dus teen St Mary’s vir die 3de en 4de plek.
  • OMS o.13 wen teen St Mary’s 1-0 en verower die 3de plek asook die brons medalje in die toernooi.

Anke Greyling (kaptein) word aangewys as die speler van die toernooi.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal