Dance Star World Masters. Foto van links: Olivia Kotzé, Christo Thiart, Linke Thiart, Rochell Alberts, Isabella Meyer en Mieke Carr
Ses dansers van Hoërskool Strand, Olivia Kotzé, Christo Thiart, Linke Thiart, Rochell Alberts, Isabella Meyer en Mieke Carr, het Suid-Afrika by die ‘Dance Star World Dance Masters’ internasionale danskompetisie in Kroatië verteenwoordig.
Christo, Linke, Rochell, Olivia en Isabella is as wêreldkampioene aangewys nadat hulle ‘n eerste plek verower het in die Liriese Groepdans-afdeling.
Mieke Carr is ook ‘n wêreldkampioen in eie reg met die eerste plekke wat sy as solodanser verwerf het in die afdelings Musikale Teater en Akrobatiese Dans. Sy het ook ‘n tweede plek in die Jazz Solo-afdeling en ‘n derde plek in Liriese Solo-afdeling verwerf.
Christo en Isabelle verwerf derde plekke in hul onderskeie afdelings: Christo vir sy Ope Duet en Isabelle vir haar solo-deelname in Musikale Teaterdans.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








